Kommer oor oorstromings as sneeu smelt in Noord-Amerika

Minstens 62 mense is reeds dood in die reuse-winterstorm wat Kanada en Amerika die afgelope week teister. Die New Yorkse stad Buffalo is die ergste getref met minstens 28 sterftes, van wie baie in voertuie doodgevries het. Volgens ‘n regeringswoordvoerder is militêre polisie ingeroep om die verkeer in die stad te help reguleer. Duisende passasiers is gestrand by lughawens oral in die land. Effens warmer weer is op pad, maar amptenare waarsku dit kan tot bykomende probleme lei, insluitend oorstromings as die sneeu begin smelt.