Philip Seidler en Molley Smalley wen Jetty Myl

Die Namibiese Olimpiese opewater-swemmer, die 24-jarige Philip Seidler het vir die negende keer in die Pupkewitz Jetty Myl in Swakopmund koning gekraai, met Molly Smalley wat in die vroue-afdeling die vyfde keer geseëvier het. Sy is gevolg deur Corne van Schalkwyk, Brynné Kinnaird en Carissa Steyn. Vir die mans was verlede jaar se wenner Max Betts in die tweede plek en Oliver Durandt derde. Die 16de Pupkewitz Jetty Myl in die see oor 1,92 kilometer het vanjaar meer as 300 deelnemers gehad.