SA weermagsoldate stil-stil by meer Eskom-kragstasies ontplooi

Lede van die Suid-Afrikaanse weermag is by heelwat meer as die vier Eskom-kragstasies ontplooi in ‘n poging om ‘n groot naderende gevaar te stuit. Volgens die woordvoerder van die weermag, brigadier-generaal Andries Mokoena Mahapa, is soldate gereed om ontplooi te word by meer as die aanvanklike vier kragstasies. Volgens berigte is President Cyril Ramaphosa se besluit om die weermag te ontplooi, gegrond op onberispelike intelligensie-verslae wat gedui het op ‘n groot bedreiging vir Eskom se infrastruktuur.