Kommer oor omgewing neem toe

Internasionale navorsing deur die Ekonomiese Intelligensie-eenheid wat deur die Wêreld-natuurfonds aangevra is, toon openbare kommer oor die natuur het die afgelope vyf jaar met 16 persent toegeneem. Die inligting is bekend gemaak voor Internasionale Biodiversiteitsdag wat die Verenige Nasies vir 22 Mei verklaar het om begrip en bewustheid oor biodiversiteits-kwessies te verhoog. Die verslag toon digitale aktivisme is ‘n werklikheid, met ‘n verhoging van 65-persent in die aantal Twitter-boodskappe daaroor wat wêreldwye kommer oor die natuur aandui.