Cyril sê konflik in die Midde Ooste herinner aan apartheid

President Cyril Ramaphosa sê die konflik tussen Israel en Palestina bring skokkende herinneringe terug aan die geskiedenis van Suid-Afrika tydens apartheid. Minstens 227 mense, waaronder meer as 100 vroue en kinders, het tot dusver in Gaza gesterf en 12 mense, insluitend kinders, in Israel. Ramaphosa sê die situasie is kommerwekkend en Suid-Afrika is bereid om te help met vredesonderhandelinge.