Kommer oor nóg ‘n droogte in Kunene en woestynleeus

Soos weerkundiges voorspel het kan Namibië goeie reën die komende reënseisoen verwag, maar vir sekere streke soos die Kunene en ‘n deel van Omusati word onder-normale reën voorspel. Daar heers kommer oor nóg ‘n droogte vir die gebiede, asook oor die oorlewing van wild in die gebied, veral die woestynaangepaste leeus. Tammy Hoth, direkteur van die Namibian Lion Trust Foundation het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê al die leeus wes van Grootberg sal hard deur die droogte getref word.

Hoth het haar hoop uitgespreek dat die leeus nóg ‘n droogte sal oorleef.