Brandstof-tekorte by NWR-oorde

Namibia Wildlife Resorts het gesê hulle ervaar die afgelope paar dae brandstoftekorte by sekere van hul oorde. Dit sluit in Halali in die Etosha Nasionale Park, Waterberg, Terracebaai, Sesriem-kampeerterrein en /Ai-/Ais. Namibia Wildlife Resorts het gesê hulle sal weer op 20 Oktober terugvoering oor die stand van sake gee.