Kommer oor moontlikheid van nuwe Covid-variant in SA

‘n Verslag deur die Afrika-instituut vir Gesondheidsnavorsing waarsku daar kan ‘n nuwe en gevaarlike Covid-19-stam in Suid-Afrika ontstaan. Volgens die verslag kan die virus steeds muteer aangesien die land meer as 9 000 aktiewe gevalle het. ‘n Professor aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Mosa Moshabela, sê mense met swak immuunstelsels verkeer in meer gevaar: