Toerismesektor ook opgewonde oor Namibië Krieketwêreldbeker-toernooi aanbied

Die Namibiese toerismesektor is soos alle Namibiërs ook opgewonde oor die Internasionale Krieketraad wat Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe aangewys het as mede-gasheerlande van 2027 se eendag-Wêreldbekertoernooi. Dit is ook goeie nuus vir die toerismesektor, soos die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsektor, Gitta Paetzold, aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is goed dat sport Namibië op die wêreldkaart geplaas het.