Daar is N$76 miljard te make met biomassa

Die direkteur van bosbou in die Namibiese omgewingsministerie, Johnson Ndokosho, het die beleide van die vyfjaar-strategie wat daarop gemik is om die volhoubare bestuur van die biomassa-industrie te verseker, in Windhoek by die Biomassa Skou 2022 beklemtoon. Die Nasionale Strategie vir Volhoubare Bestuur van Boshulpbronne is deur die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta, en belanghebbendes van die biomassa-industrie bekendgestel. Die strategie is van 2022 tot 2027 effektief. Shifeta sê die biomassa-bedryf kan ‘n inkomste van 76 miljard dollar oor die volgende 25 jaar vir Namibië genereer. Ndokosho sê klimaatsverandering en gelykheid is in die strategie in ag geneem.