Kommer oor ‘fop’ mediese opleiding

Die Namibiese Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië het die publiek gewaarsku teen registrasie by instellings of gesondheidsorgverwante kursusse wat nie deur die raad erken word nie. In ‘n media verklaring sê die raad dat hy kommer het oor advertensies vir die sogenaamde Windhoek Medical University wat op sosiale media verskeie kursusse adverteer. Die raad dra geen kennis van die instansie nie en moedig enige voornemende student om eers die goedkeuring van enige tersiêre instansie te verifieer voor enige kursus geneem word. Daar is gereeld berigte oor studente wat betaal het vir kursusse wat voltooi is by verskeie instansies wat nie plaaslik geregistreer en dus, nie erken word nie. Kosmos 94.1 Nuus poog om die betrokke instansie te bereik vir kommentaar.