Menslike oorskot naby Walvis gevind

Menslike oorskot is Sondag in die duine oos van Walvisbaai gevind deur lede van ‘n buurtwag. Die Erongo-polisie het die vonds bevestig en sê ‘n ondersoek is geloods. Daar word verwag dat die mag vandag amptelik kommentaar oor die vonds sal lewer maar daar is sommige menings dat dit moontlik ‘n verouderde Topnaar graf kan wees. Die gebied is bekend vir ou Topnaar grafte en sommige kenners meen dat die skelet baie oud vertoon.