Kommer oor Christene in Afghanistan

Verskeie organisasies regoor die wêreld het kommer oor moontlike aanvalle op Christene in Afghanistan na die ekstreme Islamitiese Taliban nou in beheer is. Release International beywer hom vir die veiligheid van Christene in die gebied en sê Christene in die land lewe in vrees. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Beukes die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke gepraat…