Afrika moet sy jeug ontwikkel

Teen 2030, slegs nege jaar van nou af, sal Afrika se jeugbevolking tussen die ouderdomme van 15 en 24 met 42 persent toeneem. Afrika se jeug moet geleenthede vir entrepreneurskap en werk kry wat die siklus van armoede moet breek, sê dr. Leake Hangala, uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar moet ook geleenthede vir jeug in sport ontwikkel word.