Kommer oor China se stygende Covid-gevalle

China verwag binne ‘n week ‘n hoogtepunt in Covid-infeksies, wat ‘n maand of twee kan voortwoed. Owerhede verdoesel egter steeds die ware feite oor die siekte vir die wêreld, en het geen nuwe sterftes aangemeld nie, hoewel 5 000 mense na raming daagliks sterf. Volgens beramings van die regering se top-gesondheids-owerheid, is byna 37 miljoen mense in China moontlik op ‘n enkele dag dié week met Covid-19 besmet. Ongeveer 248 miljoen mense – of byna 18 persent van die bevolking – het waarskynlik die virus in die eerste 20 dae van Desember opgedoen.