SA parlement beskou Phala-Phala-proses as afgehandel

Die parlement in die buurland sê die Artikel 89-prosesse oor die Phala Phala-bewerings teen President Cyril Ramaphosa behoort tot die verlede. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die Nasionale Vergadering het die saak gesluit nádat die aanbevelings nie aanvaar is nie. Mothapo sê die parlement fokus nou op die implementering van die Zondo-kommissie se aanbevelings om te verseker sy oorsigrol verbeter.