Kommer oor agterstand in Gauteng-gesondheid se instandhouding

Die DA in Gauteng sê baie hospitale in die provinsie val eenvoudig uitmekaar en ten spyte van waarskuwings aan die Departement van Gesondheid, is daar sedert 2017 geen stappe gedoen om die situasie reg te stel nie. ‘n Verslag is aan die Portefeulekommitee vir Gesondheid in die provinsiale wetgewer voorgelê. Die woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê die verslag het die feit beklemtoon dat daar ‘n agterstand in die instandhouding van gesondheidsgeriewe is en dit sal na raming 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand kos om dit reg te stel: