Hou moet 7 November terug wees in die hof, dossier nie weg nie

Die kantoor van die aanklaer-generaal het Hou Xuecheng en sy medebeskuldigde Hamuntenja Hamuntenya teruggeroep hof toe op klagte wat die onwettige handel in wildlewe produkte insluit. Dit volg na die saak op 15 September deur die streekslanddros Leopold Hangalo in die Windhoek-streekshof uitgegooi is. Die dossier was blykbaar vermis en volgens Hangalo sloer die saak sedert 2014. Martha Imalwa se kantoor sê die dossier is nie vermis nie maar, was by die Katutura-landdroshof. Sy het die twee teruggeroep hof toe op 7 November. Die twee is in Junie 2014 in hegtenis geneem in besit van 54 kilogram ivoor ter waarde van amper 600 000 Namibiese dollar. Die staat het verskeie ander klagte teen Hou bygevoeg in verband met ander datums en die besit van verskeie velle sowel as ‘n ietermagô-vel. Hou is drie keer, terwyl hy op borg vrygelaat was, vir dieselfde oortreding van die onwettige handel in wildlewe produkte, weer gearresteer en tog, het hy weer borg, die keer van 100 000 Namibiese dollar, bekom.