Kommer oor afwesigheid van opposisiepartye in tussenverkiesing

Kommer is uitgespreek oor die lae opkoms en gebrek aan kandidate van opposisiepartye in die tussenverkiesing van die Moses //Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad. Slegs 4 822 kiesers uit die 42 135 geregistreerde kiesers, of te wel 11,5 persent, het hul kruisies gaan trek. Die lae opkoms word voor die deur gelê van inwoners wat nog steeds met vakansie is. Swapo se kandidaat, Stephanus Ndengu het geseëvier en 2 970 stemme gekry, gevolg deur die Independent Patriots for Change se Moses Mwandingi se 1 270 stemme en die NEFF se Paulus Nakale se 267 stemme. Slegs vyf kandidate het gestaan, waarvan twee onafhanklike kandidate was. Vrae word gevra waar die ander opposisiepartye was, soos die amptelike opposisie PDM, asook Nudo, UDF en Swanu.