Motorsport: Toyota Gazoo-spanne nog op koers in Dakar

Motorsport: Toyota Gazoo Racing se Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy glimlag breed na die sewende sneltrajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië met ‘n goeie algehele vierde plek. Henk Lategan en sy navigator Brett Cummings was sesde, maar is algeheel in die tweede plek. Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel is die algehele voorlopers met meer as ‘n uur. Hulle dit veilig gespeel en 14de geëindig vir die dag. Lucas Moraes  van Overdrive Racing in sy Suid-Afrikaans  geboude Hilux is algeheel in die derde plek.