Bushiri: Senior amptenaar afgedank oor onwettige papiere

’n Senior amptenaar in die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake is afgedank oor bewerings van growwe nalatigheid en oneerlikheid. Volgens minister Aaron Motsoaledi was die amptenaar betrokke by die uitreiking van permanente verblyf aan die voortvlugtende profeet, Shepherd Bushiri. Die amptenaar appelleer tans teen sy afdanking. Intussen sê Motsoaledi die ander amptenare wat betrek is, kan ook moontlik afgedank word: