Onderverklaring lei tot minder dienste…

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het sedert hul ontstaan hul bes probeer om belastingbetalers op te voed oor die belangrikheid van die betaling van belasting. Belasting-ontduiking het ‘n negatiewe impak op die ekonomie en die welsyn van die samelewing. Een van die impakte is die daling in staatsinkomste wat kan lei tot hoër belastingkoerse, wat ondernemings en huishoudings negatief kan raak. Daar was ‘n neiging dat mense goedere en produkte wat hulle die land invoer onder-waardeer, wat daartoe lei dat hulle laer as die verwagte bedrag aan belasting betaal aan ingevoerde goedere. Salomo Hei, ‘n ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, gesels oor die oor die impak van onder-verklaring van ingevoerde goedere.