Kommentaar oor kool-invoere is nonsens

Daar is verskeie klagtes op sosiale media uitgespreek oor koshuise in die Noorde van die land wat kool en tamaties vanuit Suid-Afrika gebruik. Groot kritiek is teenoor Namibiese akkerbou uitgespreek in die plasings maar, Gilbert Mulonda, die algemene bestuurder vir tuinbou en akkerbou by die Namibiese Akkerbouraad sê dis nonsens.

Voedselsekerheid is van kritiese belang en die beperkings op invoere is daargestel om plaaslike produksie te ondersteun en uit te brei.