AA sê styging in SA brandstofpryse die grootste in geskiedenis

Die Automobiel-Assosiasie sê huidige data voorspel katastrofiese brandstofprysstygings aan die begin van volgende maand vir die buurland. Dit is volgens die jongste wisselkoers- en grondstofdata. Volgens die huidige data kan petrol met tot 99 sent per liter styg en diesel en paraffien met een rand 42 sent per liter. Dit sal die prys van 95-oktaan petrol in die binneland tot meer as 19 rand per liter laat klim en dié van diesel tot 17 rand per liter. Die AA sê die styging in diesel en paraffien sal die grootste in Suid-Afrika se geskiedenis wees.