‘Not my King’-beweging in Brittanje lig wenkbroue

Daar is meer as roubeklaers in Engeland. Internasionale media berig dat daar verskeie protesaksies was met protesgangers wat leë papiere omhoog hou. Hulle meen koning Charles III kan nie eenvoudig die troon bestyg en oor hulle heers nie. Hulle sê hulle het hom nie aangestel of vir hom gestem nie. Maar daar is ook omstredenheidd. Van die protesgangers, wat vreedsaam bymekaar gekom het, is gearresteer maar, volgens berigte weet die Britse polisie nie waarvoor om hulle aan te kla nie. Hulle is kort daarna weer vrygelaat. Inwoners van Cardiff in Wallis het ook die koning tydens sy besoek daar uitgejou en geskree dat hulle nie hulle kragrekenings kan betaal nie maar, hulle betaal vir sy parade. Die beweging is ‘Not my King’ gedoop.