Kom help om skoon te maak!

Nadat die Alte Feste deur lede van die Windhoek gemeenskap opgeruim is, het inwoners van Khomasdal besluit dat die bebosde gebied by die Khomas Mediese Sentrum ook opgeruim moet word. Lede van die gemeenskap word uitgenooi om Saterdag oggend om 6-uur aan te sluit. Een van die organiseerders Dieter Maree het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.