Elektroniese datastelsel vir inentings in SA geopen

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die bekendstelling van die Covid-19-elektroniese inentings-datastelsel is ‘n trotse verteenwoordiging van die toekoms van gesondheidsorg in Suid-Afrika onder die Nasionale Gesondheidsversekering. Hy het vanoggend die stelsel vir die registrasie van mense van 60 jaar en ouer amptelik geopen. Dit is deel van die tweede fase van die inentingsprogram wat op 17 Mei begin. Mkhize sê dit is noodsaaklik dat mense moet besef die registrasie waarborg nie onmiddellike inenting nie: