Kom die maatreëls na, of ons help julle om dit te doen – Ndeitunga

Dit is vandag die tweede Vrydag dat die verkoop van alkohol by drankwinkels verbied is. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, waarsku Namibiërs om die Covid-regulasies te gehoorsaam en nie op Vrydae en tydens naweke drank te verkoop nie. Ndeitunga praat met Kosmos 94.1 Nuus.