Kuba se tweede entstof ook uiters doeltreffend

Kuba het aangekondig dat sy tweede Covid-inenting, Soberana 91,2 persent effektief is teen die virus. Die inenting word in twee spuite toegedien met ‘n ekstra spuit later, Soberana-plus. Die nuus kom kort na die aankondiging dat die land se ander entstof, Abdala 92,28 persent effektief is. Die land het besluit dat hy geen entstowwe sal invoer nie en dat hy onafhanklik in die verband moet wees. Kuba het ook nie by Covax aangesluit nie maar sal die Wêreldgesondheidsorganisasie nader vir goedkeuring van sy entstowwe.