Zuma – dis nie die einde van die ANC se agteruitgang nie

Die opsluiting van voormalige president Jacob Zuma is nie die einde van die storie vir die ANC se agteruitgang deur hul eie toedoen nie. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Zuma dien sy 15 maande vonnis uit by die Korrektiewe Dienste-fasiliteit in Estcourt in KwaZulu-Natal, nadat hy Woensdag nag in aanhouding geneem is. Silke sê dit moet deel wees van ‘n noodsaaklike proses van etiese en regeringshervorming wat konsekwente, duidelike leierskap en visie verg: