Kokaïen-skip in Angola ‘wettig’ gesteel, met sy vrag

Angolese media berig dat die vissersvaartuig Simione, wat as vermis aangemeld is in ‘n kriminele saak wat deur die land se Kriminele Ondersoekdiens ondersoek word, is blykbaar ‘wettig’ onder die neuse van die land se fiskale- en doeanepolisie-eenheid gesteel. Die vaartuig is op 14 November as ‘vermis’ aangemeld nadat dit deur die Spaanse polisie by die Kanarie Eilande met 3,3 ton kokaïen aanboord, geskut is. Die Angolese openbare aanklaer het suksesvol betoog om beslag te lê op die vaartuig. Media berig dat die maatskappy, wat die Simione bedryf, Cuane Orimara, en ‘n bekende Chinese sakeman Lou Lin, dit reggekry het om die vaartuig se nodige dokumentasie te bekom en hy het reeds op 14 November verlede jaar, blykbaar na Portugal, vertrek van die polisie se hawe in Floresta da Ilha do Cabo – met die vrag aanboord.