China sê 60 000 is van Covid, sedert Desember, dood

China het vanaf vroeg in Desember byna 60 000 Covid 19-verwante sterftes aangeteken. Daar word berig die amptelike aankondiging volg op klagtes dat die Chinese regering nie die ware syfer van die pandemie vrystel nie. China het op 7 Desember sy streng Covid-beleid laat vaar. Dit het gelei tot ‘n skerp styging in infeksies in ‘n bevolking met min immuniteit omdat die regering hulle in die donker gehou het oor Covid, eerder as om mense teen die virus in te ent. China sê die 59 938 mense wat tussen 8 Desember en 12 Januarie in hospitale oorlede is, se gemiddelde ouderdom was 80,3 jaar.