Koffie word peperduur

Die prys van koffiebone het ‘n vier jaar hoogtepunt behaal. ‘n Landbou-ontleder by Commerzbank, Michaela Helbing-Kuhl, gee Brasilië se voortdurende droë weer die skuld. Sy sê die droogte sal na verwagting tot Augustus voortduur, wat nie ‘n goeie teken is vir volgende jaar se oes nie. Koffiepryse het die afgelope jaar met byna 70 persent gestyg en verhandel tans teen meer as 23 Namibiese dollar per kilogram. Vele koffieliefhebbers se gunsteling, Arabica-koffie, verhandel teen net meer as 22 Namibiese dollar per kilogram. Betogings in Columbia het die vervoer van Brasilië se reeds swak oes verder belemmer.