Nuwe waardasierol op Omaruru is tot 800% duurder

Eienaars van eiendom op Omaruru sit met hul hande in die hare na die munisipaliteit sy waardasierol met tussen 200 en 800 persent opwaarts aangepas het. Waardasierolle word normaalweg elke vyf jaar hersien maar die inwoners-vereniging sê die aanpassings is onaanvaarbaar. Die laaste waardasie wat uitgevoer is was in 2015 en Covid het die planne vir 2020 in die wiele gery. Die voorsitter van die inwoners-vereniging Frikkie Engels sê aan plaaslike media dat met die nuwe rol sal ‘n eiendom wat maandeliks net meer as 2 200 dollar belas word, of dan 26 000 dollar per jaar, nou 9 700 dollar maandeliks kos, of 96 000 dollar ‘n jaar, wat ‘n verhoging van 400 persent verteenwoordig. Engels het volgens wat berig word, die munisipaliteit aangesê om die saak aan te spreek of, hulle sal hulle aan die hof wend.