Anne Heche het dwelms haar stelsel gehad tydens noodlottige ongeluk

Die Amerikaanse aktrise Anne Heche het kokaïen in haar stelsel gehad ten tyde van die noodlottige motorongeluk in Augustus toe sy in ‘n huis in Los Angeles vasgejaag het, volgens die finale lykskouing- en toksilogieverslag. Die staatspatoloog se verslag wys dat die Emmy-bekroonde aktrise positief getoets het vir besoïlekgonien, kokaïen, fentaniel en dagga. Die verslag lui egter dat Heche nie onder die invloed was toe die ongeluk gebeur het nie en dat sy nie die dwelms wat in haar stelsel gevind is, die dag van die ongeluk gebruik het nie.