Koeberg sal tegniese bystand kry om lewensduur te verleng

Die DA sê die Internasionale Atoomenergie-agentskap het bevestig hy is bereid om tegniese bystand te verskaf vir die projek om die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad se lewensduur te verleng. Dit sal egter slegs verwesenlik word indien die Nasionale Kernkragreguleerder en Eskom ʼn formele aansoek voorlê waarin die aanbod aanvaar word. ʼn Woordvoerder van die DA, Kevin Mileham, sê indien dit nie gebeur nie, sal dit roekeloos wees en tot die nadeel van Koeberg se voortbestaan nadat hy die einde van sy leeftyd bereik het.