Arandis-dorpsraad gee ouerskapverlof aan nuwe pa’s

Manlike werknemers by die Arandis-dorpsraad is nou wetlik geregtig op tien dae ouerskapverlof. Dit volg op ‘n ooreenkoms wat tussen die dorpsraad en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, onderteken is, wat ook ‘n drie persent salarisverhoging vanaf die boekjaar 2023 insluit. Volgens Gideon Thomas van Napwu sal 10 dae ouerskapverlof ‘n man toelaat om ‘n band met sy baba te bou. Hy sê die ondertekening van hierdie ooreenkoms moet ander werkgewers se oë oopmaak sodat hulle kan kyk om hul manlike werknemers ‘n kans te gee om deel te wees van hul kinders se lewensreis. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond vir Namibiese Werkers gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.