AfriForum Jeug wil weet oor Afrikaans by Noordwes-varsity

AfriForum Jeug eis antwoorde oor die toekoms van die Afrikaanse taal op die Noordwes-Universiteit se kampus in Potchefstroom. Die organisasie het ‘n aansoek by die instelling ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Hy vra vir spesifieke inligting oor die taal- en toelatingsbeleid, en die gebruik van Afrikaans op die kampus. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyver, sê die taal word uitfaseer onder die dekmantel van transformasie.