Koebaai beurtkrag (vir nou)

Eskom het aangekondig beurtkrag word vanaand tien-uur opgehef. Die kragvoorsiener verwag dat tot nege opwekkings-eenhede oor die naweek weer in diens gestel sal kan word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê saam met die verwagte laer vraag oor die naweek sal dit hulle help om noodvoorraad te kan aanvul. Hy waarsku egter die kragstelsel bly kwaai onder druk en onbestendig: