Papier & Hendricks terug by die Bulle

Die Springbokke Embrose Papier en Cornal Hendricks is terug in die Bulle se opdrafspan vir môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Benetton op Loftus Versfeld. Papier vervang Zak Burger op skrumskakel en Hendricks speel binnesenter in Harold Vorster se plek. Die stut Dylan Smith, wat onlangs by die Bulle aangesluit het, maak sy debuut vanaf die bank. Nog ‘n verandering onder die plaasvervangers is die terugkeer van die haker Jan-Hendrik Wessels na ‘n besering. Afskop is twee-uur.