Koebaai Angela, en dankie…

Europese politieke leiers het die uitgaande Duitse kanselier Angela Merkel bedank vir haar onskatbare bydrae tot die Europese Unie. Sedert sy die eerste keer in Desember 2005 die beraad van EU-leiers bygewoon het, het Merkel die dryfkrag vir ‘n meer verenigde Europa verpersoonlik. Leiers het haar staande toegejuig aan die einde van wat Merkel se 107de EU-spitsberaad as Duitse kanselier was. Duitse politieke partye is tans besig met samesprekinge oor ‘n regerende koalisie en totdat ‘n nuwe regering saamgestel is, bly Merkel aan as tussentydse kanselier.