Geen keuse as om skuldiges bekend te maak nie – NSFAF

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, die NSFAF, sê dit sal die name van studente wat nie hul lenings terugbetaal nie weekliks vanaf 25 Oktober in koerante publiseer. Dit sal gevolg word deur ‘geskikte regsaksie’, volgens ‘n verklaring op sy sosialemediaplatforms. Kennedy Kandume, die fonds se uitvoerende hoof, sê hulle het geen ander keuse as om hierdie drastiese stappe te neem nie.