Gazza verdedig dagvaardiging in die hoërhof

Die bekende Namibiese kunstenaar, Gazza, oftewel Lazarus Shiimi, is in die hof rakende ooreenkomste wat hy met Namibië Brouerye en KFC aangegaan het. Hy word deur Trinity Transaction Advisory vir net minder as 409 000 Namibiese dollar gedagvaar. Die aansoeker sê hy het ‘n ooreenkoms vir konsultasies sowel as regshulp met Gazza onderteken rakende die ooreenkomste wat hy aangegaan het met die twee maatskappye en dit is wat hy nog geskuld word vir sy dienste, na verskeie betalings gemaak is. Trinity kon nie die volle dokumente aanheg nie omdat hy meen daar is konfidensiële bepalings in die kontrakte wat saam rondom 2,5 miljoen Namibiese dollar werd is. Gazza verdedig die saak en sê die ooreenkoms wat aangegaan is, was onwettig. Die saak kom vandag voor regter Collins Parker voor. Die partye moet ooreenkom vir datums vir verhoor.