Parasiet bedreig Ivoorkus-katoen

‘n Parasiet bekend as “jasside” kan die Ivoorkus se katoen-oes vanjaar met tussen 30 en 40 pesent verminder. Jasside het al voorheen katoengewasse aangeval, maar dit is die eerste keer dat dit op so ‘n skaal tref in daardie land. Oeste in die noorde van die land het eers in Julie tekens van agteruitgang begin toon en owerhede sê dit is uiters kommerwekkend. Ivoorkus, die wêreld se voorste kakaoprodusent, was een van Afrika se voorste katoenuitvoerders voordat die burgeroorlog in 2002 uitgebreek het. Sy katoensektor is die afgelope dekade besig om te herstel nadat jare van politieke onrus. Vooruitskattings voor die parasiet sy opwagting gemaak het was op 570 425 metrieke ton teenoor 539 623 ton gedurende die vorige seisoen.