Klink of Guterres praat oor Oos-Europa…

In sy huldeblyk aan die een miljoen mense wat in 100 dae in Rwanda tydens die 1994 volksmoord doodgemaak is, het die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Antonio Guterres, gesê daar is destyds nie vinnig genoeg stappe geneem nie. Dit klink amper asof hy kommentaar lewer oor die konflik in Oos-Europa.