Stad Kaapstad is verantwoordelik vir besoedeling

Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, doen ‘n beroep op die Departement van Water en Sanitasie om teen die Stad Kaapstad op te tree, weens die voortslepende besoedeling in die Milnerton-strandmeer en Dieprivier-vleiland. Outa se woordvoerder Andrea van Heerden, sê die Wes-Kaapse Departement van die Omgewing en Ontwikkelingsbeplanning kon nie daarin slaag om die strandmeer en vleiland teen katastrofiese stortings uit die Potsdam-afvalwater-behandelingsaanleg te beskerm nie. Sy sê hulle sal nie huiwer om hof toe te gaan nie: