Klinieke in die Kaap word beveilig

Die Departement Gesondheid in die Stad Kaapstad het sowat 19 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die opgradering van veiligheid by klinieke begroot. Dit sluit in diefwering en veiligheidshekke, alarmstelsels en metaalverklikkers. Die woordvoerder van die Stad, Patricia Van der Ross, sê die veiligheid van klinieke is ‘n gesamentlike verantwoordelikheid. Sy het bygevoeg dis onaanvaarbaar dat misdadigers dink hulle kan die geriewe teiken, waarop hul families staatmaak: