Savanna Beef: Finale syfers sal Vrydag bekend wees

Die finale syfers vir die beleggings in Savanna Beef Processors behoort teen die week Vrydag bekend te wees. Die tweede venster beleggings het reeds verlede week Vrydag gesluit op ‘n voorlopige 23 miljoen Namibiese dollar uit 158 aansoeke, waarvan 107 nuwe aansoeke is. Byna 85 persent van die beskikbare aandele is nou in produsente se hande. Romé Mostert, direkteur van Cirrus in Windhoek wat die aanbod hanteer sê die finale oudit moet gedoen word.