Engeland vermorsel Proteas in krieketreeks 

Krieket: Engeland het die reeks van drie toetse teen die Proteas met 2-1 gewen. Zak Crawley, die Engelse aanvangskolwer, het vandag ʼn onoorwonne vyftigtal behaal om Engeland tot oorwinning te lei op die derde dag van die laaste toets op die Oval. Engeland het vanoggend sy beurt hervat met die telling op 97 sonder verlies en het die nodige 33 lopies vir ʼn oorwinning in minder as ʼn halfuur aangeteken. Alex Lees is op 39 deur Kagiso Rabada BVP betrap. Ollie Robinson is as die Speler van die Wedstryd aangewys na ʼn wedstrydontleding van 7 vir 89.