Klinieke behoort voorbehoedmiddels aan meisies onder 16 te verskaf

Swangerskappe onder skoolmeisies wek plaaslik baie kommer en daar is verskeie programme om meisies te bemagtig, maar, die probleem duur voort. Een van die grootste uitdagings is dat klinieke nie voorbehoedmiddels of kondome aan meisies jonger as 16 verskaf nie. Die maatskaplike aktivis Rosa Namises sê meisies is seksueel aktief en behoort toegang tot voorbehoedmiddels te hê.